STILBAAI NUUS - Die bestuurders van albei voertuie wat vanoggend, ongeveer 07:30 in ‘n botsing op Hoofweg-Wes betrokke was, is na die hospitaal geneem vir ondersoek.
Die aard van hul beserings is nie bekend nie.
Volgens ao Morné D’Emiljo van Stilbaai-polisie het die bestuurder van ‘n Sentra na bewering regs uit Hoofweg-Wes na Ebenhaeser-singel gedraai en toe met ‘n VW Caddy gebots in die aankomende verkeer.
Vorige artikel: Botsing op Hoofweg-Wes
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'