STILBAAI NUUS - ‘n Botsing tussen twee voertuie het kort gelede op Hoofweg-Wes by die afdraai na Laerskool Bertie Barnard plaasgevind.
Die plaaslike polisie en brandweer is op die toneel, maar dit is nie seker of enigiemand beseer is nie.
Inwoners word gevra om nie by die toneel stil te hou nie en indien moontlik van ‘n alternatiewe roete gebruik te maak.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'