JONGENSFONTEIN NUUS - Inwoners van Jongensfontein word versoek om water spaarsamig tussen Dinsdag, 7 en Donderdag, 9 Julie te gebruik.
Die Jongensfonteindam word Woensdag, 8 Julie skoongemaak en geen water sal vanaf Dinsdag in die reservoirs ingepomp word nie.
Hessequa-munisipaliteit voorsien dat die watervoorraad teen Vrydag, 10 Julie weer normaal sal wees.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'