HESSEQUA NUUSFLITS - Haar leuse is om die verskil wat jy graag wil sien, te wees en dit is verseker sigbaar in Alisha de Lange se lewe.
Sy is een van Solidariteit Helpende Hand se streeksorganiseerders en is tans besig om 'n reuseverskil in die Wes- en Suid-Kaap te maak.
De Lange is sedert 2014 by Helpende Hand en sy was tot en met April vanjaar die streeksorganiseerder in Mpumalanga.
Haar liefde vir die Kaap het egter gemaak dat sy na Somerset-Wes verhuis het om haar goeie werk daar voort te sit.
Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak by opheffingswerk in jou gemeenskap, kontak Alisha de Lange direk by 082 923 1438 of stuur 'n e-pos aan alisha@helpendehand.co.za.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'