Update
HEIDELBERG NUUS - Slegs 'n week nadat vandale by De Waalville Primêre Skool op Heidelberg ingebreek en verwoesting gesaai het, het dieselfde by Kairos Senior Sekondêre Skool gebeur.
Dié jongste inbraak het Saterdagnag/Sondagoggend, 3/4 Julie plaasgevind.
Volgens die ondersoekbeampte, sp ao Reon Grundlingh kon daar nog nie vasgestel wat gesteel is nie.
Die inbraak is by die departementshoofde se adminkantoor gepleeg.
Die vandale het toegang oor die dak gekry, waarna hulle die slotte tot die deure vernietig het. Alles in die kantoor het rondgestrooi gelê toe die opsigter Sondagoggend by die skool opdaag vir sy normale roetine.
Enigiemand wat inligting omtrent die inbraak kan verskaf, word gevra om met Grundlingh (073 479 1513) of die dienssentrum (028 722 1910) om verbinding te tree. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Vorige artikel: Nog 'n skool loop deur
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'