HEIDELBERG NUUS - Inwoners van Heidelberg en distrik moet kennis neem dat die plaaslike diensentrum tans met hul telefoniese netwerk probleme ondervind.
Inwoners word aangeraai om van die volgende twee landlynnommers, 028 722 8201/ 028 722 8202 gebruik te maak.
Volgens sers Imorgene Hendricks, plaaslike kommunikasiebeampte, is geen van die selfoonnommers van die verskeie sektor bestuurders, of selfs die stasiebevelvoerder tans in werking as gevolg van die onderbreking nie.
Die polisie vra verskoning vir die ongerief.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'