RIVERSDAL NUUS - Boerboele is 'n honderas wat eie is aan Suid-Afrika en is aanvanklik geteel om die boer, sy gesin en sy diere te beskerm.
Boerboele is groot, sterk, vreeslose honde wat hul families met hul lewens sal beskerm.
Hierdie eienskappe maak hulle uitstekende waghonde en troeteldiere.
Dié pragtige diere word Saterdag 17 Februarie vanaf 10:00 in die BKB Arena vertoon.
Kom kyk gerus na van die beste boerboele in die land, as telers en boerboel liefhebbers hul honde ten toon stel.
Navrae: Erika Goedhals – 072 904 1489
Sien die Riversdal Landbouskou-bylaag hier.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'