SUID-KAAP NUUSFLITS - Sowat 'n derde van mense wat kankerbehandeling ondergaan, ontwikkel mondprobleme, insluitend ’n droë mond (xerostomie), tandbederf, infeksies en mondsere.
’n Gesonde mond maak dit minder waarskynlik dat komplikasies sal ontwikkel.
Besoek jou tandarts en laat ook jou tande professioneel skoonmaak voor met kankerbehandeling begin word.
Laat twee weke of meer tussen behandeling en enige mondchirurgie toe.
Nougesette versorging van die mond is uiters belangrik. Borsel minstens twee keer per dag op die korrekte manier met gebruik van 'n sagter borsel, wat sagter sal wees op sensitiewe tandvleis en net so doeltreffend skoonmaak.
Doop die tandeborsel in warm water om die borselhare verder te versag.
Die bestuur van simptome sal help om pyn en ongemak te verlig – 'n deurslaggewende deel van jou behandeling en herstel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'