HEIDELBERG NUUS - ’n Jong man van dié dorp is in hegtenis geneem na hy na bewering by die plaaslike rolbalklubhuis ingebreek het.
Volgens polisie mediawoordvoerder ao. Alroy Windvogel is etlike honderde rande se drank gebuit. Die meerderheid daarvan is later onder ’n treinbrug naby die klubhuis gevind. Rolbalballe en ’n 30m meetband is ook gesteel.
Die polisie doen ’n beroep op enigiemand aan wie dalk van die items te koop aangebied word, om dadelik met hulle in verbinding te tree.
Intussen het die polisie ook ’n buitelandse winkelier in hegtenis geneem nadat hy glo betrap was in die verkoop van sigarette. Dis nie duidelik watter stappe teen hom geneem is nie.
Navrae is aan nasionale polisiewoordvoerder, brig. Vishnu Naidoo gerig, maar teen spertyd is geen terugvoering is ontvang nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'