STILBAAI NUUS - Die behuisingsprojek net buite Melkhoutfontein is weer Vrydag, 29 April deur Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van infrastruktuur besoek.
Sedert die minister se vorige besoek op 17 September verlede jaar toe hy die sooispitgeleentheid waargeneem het, het die kontrakteur gewoel om die siviele dienste gereed te kry.
Die eerste fase behoort teen einde Junie vanjaar voltooi te wees.
Indien alles volgens plan verloop, sal die bouery in Julie begin en 200 huise behoort in die finansiële jaar voltooi te wees.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'