Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - 'n Merkwaardige groot boom pronk op die rand van die AGS-Wes se tuin in dié dorp.
Volgens past. Mike Gosling is die boom al daar vandat hy na Heidelberg verhuis het en weet niemand hoe oud dit is nie.
"Baie mense het al vir my gesê dat hulle so 'n boom gesien het, maar niemand weet watter soort boom dit is nie."
Na 'n vorige berig in Suid-Kaap Forum op Vrydag 24 Augustus wat oor Albertinia se Fluisterboom handel, vermoed hulle dat hierdie boom dalk soortgelyk kan wees.
"Met die lang takke wat tot op die grond hang lyk dit amper of dit op daardie deel weer wortel skiet."
'n Mens kan maar net wonder hoeveel mooi herinneringe in die koelte van hierdie boom afgespeel het.
Enigiemand wat weet of hierdie boom en Albertinia se wilde vyeboom dieselfde spesie is al dan nie, kan Gosling skakel by 028 722 1241.
Lees 'n vorige artikel: Daar is 'n boom...
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL EN VIDEO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'