Gallery Video
RIVERSDAL NUUS - ’n Man het sy voertuig ’n paar meter voor die afgrond in Garciapas tot stilstand gebring, nadat hy in ’n aankomende vragmotor se agterwiel vasgery het.
Hy het ernstige beserings opgedoen nadat hy omstreeks 14:00 vandag (Dinsdag 27 November) beheer oor sy enkelkajuit bakkie verloor het.
Hy is na Riversdal-hospitaal vervoer en was alleen in sy voertuig. Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie.
Kyk video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus."