RIVERSDAL NUUS - Die bestuurder van 'n blou VW Golf het ernstige beserings opgedoen nadat hy Saterdag 5 Mei omstreeks 18:15 teen 'n vragmotor gebots het.
''Volgens inligting het die vragmotor blykbaar by die treinspoor in Heidelbergweg stilgestaan. Die bestuurder van die Golf het glo beheer oor die motor verloor," het lt.kol. Delicia Isaacs, stasiebevelvoerder van Riversdal-polisie op navraag gesê.
Hy was klaarblyklik alleen in die motor.
'n Saak van roekeloos en nalatige bestuur is geopen en word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'