HESSEQUA NUUS - Agri SA het president Cyril Ramaphosa se aankondiging om die COVID-19-uitbreking as ’n nasionale ramp te verklaar verwelkom.
Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA sê die pandemie het nie net ’n uitwerking op werksaamhede van al die sektore nie, maar hou ook ’n ernstige gesondheidsgevaar vir alle Suid-Afrikaners in.
Hy het die landboubedryf versoek om te help keer dat dit versprei.
Hy het onderneem om die bedryf op hoogte te hou van planne om die virus te keer.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'