STILBAAI NUUS - Die laaste stop-en-ry punt op die R305 wat tans onder konstruksie is, is Vrydag 8 Desember verwyder - 'n week voor die beplande tyd.
Dit is goeie nuus vir vakansiegangers wat die kusdorp besoek, maar veral vir die inwoners wat langer as 'n jaar op hierdie groot oomblik wag.
Hoewel alle werk aan die pad nog nie voltooi is nie, is die pad oop vir tweerigting verkeer.
Groot dele van die padmerke op die pad is teen Maandag 11 Desember afgehandel.
"Ons beoog om teen die einde van die week ten minste die padmerke op die middellyn klaar te hê," het die kontrakteur van Martin & East, WJ du Toit gesê.
Werk wat nog volgende jaar gedoen moet word, behoort teen Maart 2018 voltooi te wees.
ARTIKEL & FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'