RIVERSDAL NUUS - Die polisie op Riversdal het klagtes van die gemeenskap ontvang van kinders wat na donker in die strate op hul fietse sonder ligte rondry.
"Die gemeenskap in Môrestond en Aloeridge is bekommerd oor die kinders, omdat die strate besig is en dis moeilik vir motoriste om fietsryers in die aand te identifiseer," het sers Christiaan Jansen, polisiekommunikasiebeampte gesê.
Hy vra dat ouers moet toesien dat hulle kinders nie in die donker strate in die aande moet ry nie, omdat dit hulle verantwoordelikheid is om te sorg dat hulle kinders ten alle tye veilig is.
"Indien jou kind wel in die aand op sy fiets moet ry, skaf ligte aan wat spesiaal vir fietse gemaak is. Dit sal die fietsryers meer sigbaar vir motoriste maak. Dit sal ook goed wees om glimbaadjies en fiets-valhelms vir hulle te kry," raai hy aan.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'