Update
STILBAAI NUUS - Geen besluit is tot dusver in verband met die verhuring van Julie-se-Baai in Stilbaai geneem nie.
Tydens 'n openbare vergadering in Stilbaai-gemeenskapsaal op 27 September verlede jaar was twee voorstelle op die tafel vir die ontwikkeling van dié gedeelte. Suid-Kaap Forum het in die uitgawe van 1 Oktober breedvoerig hieroor verslag gedoen.
Samevattend
Anton Pieterse het 'n bootwinkel, bootdiensplek, onderdak-bootstoorplekke en 'n museum met die geskiedenis van vissermanne en spesifiek Julie-se-Baai voorgestel.
Daarenteen het Jan Heenop 'n konferensie- en opvoedkundige fasiliteit voorgestel waar kursusse, soos byvoorbeeld lewensredding aangebied kan word. Bykomend sal daar ook 'n glamping-gebied wees met 10 tot 15 luuksetente of eenhede.
Die gemeenskap het tot 29 Oktober geleentheid gehad om skriftelike besware by Hessequa-munisipaliteit in te dien.
Op navraag het Didi Budricks, hoof van openbare betrekkinge, administrasie en dienste gesê dat die item vandeesmaand voor die wykskomitee dien en daarna na die ander komitees verwys sal word vir oorweging.
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'