Die kursus word aangebied vir werkloses en skoliere van 17 jaar en ouer. Die vereistes is dat persone wat belangstel, hul name by die onderskeie munisipale kantore inhandig en moet ook in besit wees van 'n wettige identiteitsboekie (ID).
Kursusse sal onderskeidelik op die volgende datums aangebied word in die verskillende dorpe:
- 8 - 10 Julie - Albertinia, Gourits
- 15 - 17 Julie - Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein
- 22 - 24 Julie - Riversdal
- 29 - 31 Julie - Heidelberg, Witsand en Slangrivier.
* Vir enige navrae kontak mnr. Morné Dyason by 028 713 8000 en vra om deurgesit te word na verkeersdepartement.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'