Gallery
HESSEQUA NUUS - Titelaktes deur die Hessequa-munisipaliteit, as bewys van huiseienaarskap is op Maandag, 20 September in onderskeidelik Slangrivier en Albertinia oorhandig.
Op Slangrivier is 29 titelaktes deur inwoners van die Asla Park-behuisingsskema vanaf die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles in die gemeenskapsaal in ontvangs geneem.
Ses uit 16 begunstigdes op Albertinia was die gelukkige ontvangers van hul titelaktes.
Fotogalery: Titelaktes vir huiseienaars
Die 73-jarige Sophia Michaels is die oudste van die inwoners wat haar titelakte ontvang het en Lizel Uithaler (33) die jongste.
 Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles staan by die Albertinia-begunstigdes. Foto: Mariska Visagie
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles staan by die Albertinia-begunstigdes. Foto: Mariska Visagie
 Die groep was duidelik in hul skik toe hulle hul titelaktes vanaf rdl Grant Riddles (heel agter, middel) en sy mederaadslede in ontvangs geneem het. Foto: Clive Pretorius
Die groep was duidelik in hul skik toe hulle hul titelaktes vanaf rdl Grant Riddles (heel agter, middel) en sy mederaadslede in ontvangs geneem het. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'
 
                 
                     
                     
                    
                    
                    
                    
                    
                 
                             
                         
                         
                 
                 
                 
                 
             
                 
                                     
                                     
                                     
                                     
                                 
                                         
                                         
                                         
                                         
                                     
                                         
                                     
                                     
                 
                         
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                