RIVERSDAL NUUS - Twee verdagtes het te voet gevlug nadat sekuriteitsbeamptes Saterdag 24 November by die skouterrein op hulle toegeslaan het.
Een is gearresteer en is steeds in aanhouding.
Volgens die sekuriteitsmaatskappy het die alarm om 03:09 afgegaan. Omdat hulle so vinnig gereageer het, kon die inbrekers nie vat wat hulle wou nie. Skade is aan die perseel, sowel kantoor aangerig.
Hoewel hulle in die saal en kantoor rondgekrap het, was hulle poging om in die stoorkamers in te kom onsuksesvol.
Pieter van Wyk, skoupresident, het gevra dat die gemeenskap sal help om die skouterrein op te pas.
"Die jaarlikse landbouskou is een van die grootste geleenthede wat aangebied word. Ons vra dat almal wat iets verdag opmerk of hoor dit dadelik sal aanmeld. Saam sal ons die skouterrein kan bewaar. Personeel bêre nie geld en waardevolle items in die kantoor nie."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'