ALBERTINIA NUUS - Die plaaslike hoërskool het op 1 Augustus 'n suksesvolle 'high tea' fondsinsameling gehou.
Die gassprekers was Shireena Hendricks en Evelyn Pienaar van Da Gamaskop-polisie gebiedskantoor in Mosselbaai.
Jacky Breyl van Albertinia het die vroue van die gemeenskap bemoedig met 'n boekvoorlesing. Daarna het leerders van die skool 'n paar sang- en voordragitems gelewer.
Die waarnemende hoof van Hoërskool Albertinia, Anneli Booyens bedank al die vroue wat pragtige tafels voorberei het vir die funksie en almal wat dit ondersteun het.
Die Musiekfabriek verdien 'n spesiale woord vir hul musiek waarsonder die geleentheid nie 'n sukses sou wees nie.
Dames wat die 'high tea' bygewoon het. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'