WITSAND NUUS - ’n 51-jarige man van Brackenfell wat Saterdag 4 Januarie by Witsand op die Breërivier gehengel het, het aan ’n hartaanval beswyk.
Volgens Martin Fourie, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se basis op Witsand, het die bemanning van ’n vissersboot die pasiënt op soek na dringende bystand na die hawehoof gebring.
“Die man het blykbaar ’n hartaanval gehad terwyl hy visgevang het. Die bemanning van die vissersboot het probeer om hom met behulp van mond-tot-mond-asemhaling te red. Ons personeel het by hulle oorgeneem terwyl ons vir die Wes-Kaapse noodmediese diens gewag het. Hul paramedici het ook probeer om sy lewe te red, maar alle pogings was tevergeefs.”
Hy het sy medelye aan die oorledene se familie en vriende oorgedra.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'