Slangrivier het ook die lewe van 'n plaaslike inwoner, Louis Fredericks (59) geëis toe hy die laagwaterbrug wou oorsteek en deur die stroom meegesleur is.
Verskeie huise, veral in Slangrivier is deur water deurdrenk en volgens van die inwoners het dit by tye tot kniediephoogte in hul huise gestyg. Op Heidelberg is 'n plaaslike onderwyser se huis in Helmstraat ook met water deurspoel wat enkeldiepte by hul motorhuis ingevloei het. Heelwat paaie in die dorp is oorstroom.
Die N2 net voor die Witsand-afdraai is Vrydagaand, 15 November vir verkeer gesluit toe van die landerye langs die pad deur water oorstroom en oor die pad gespoel het. Van die laagwaterbruê in die dorp is deur die kanaal, wat soos 'n rivier gevloei het, afgesper en toegemaak.

Alle denkbare waterhouers is deur ’n familie in Joe Slovo Park gebruik om die water op te vang wat by hul houthuis ingelek het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'