Update
HEIDELBERG NUUS - Die senior dames op die dorp het die naweek van 25 tot 27 Oktober die fokus behoorlik op vroue en kanker laat val.
Die verrigtinge is Donderdagoggend 25 Oktober met 'n praatjie oor gesondheid deur sr. Agnes Wewers afgeskop.
Vrydagaand is 'n besonderse debutantebal deur Heidel Senior Burgerklub gehou.
Na stigterslid Lisa Joubert se oorsig oor die ontstaan van die klub in 2008, is gaste op items soos 'n liturgiese dans deur die Congregational kerk se jeugdansers getrakteer.
Daarna het die seniors hul ontspanningsdrag gemodelleer. Een dame het selfs onder luide toejuiging van die gehoor haar swempak gewys. Daarna het aanddrag gevolg wat ook groot applous gekry het. Lily Moolman is as debutantekoningin gekroon, met Evelyn Jacobs as eerste en Merle Paige as tweede prinses. Dié drie dames het die meeste geld ingesamel. Die aand is met 'n ligte ete afgesluit.
Saterdagoggend is 'n groot pretdraf wat Heidelberg se jaarlikse sportdag begin het, gehou. Die naweek is met die voorsitter van die plaaslike kankerorganisasie, Desiree van Deventer, se optrede Sondagoggend tydens die erediens afgesluit.
Evelyn Jacobs pryk in haar swierige aanddrag.
Lisa Joubert. Foto's: Alex Marshall, korrespondent
Lees 'n vorige artikel hier: Heidel seniors op en wakker
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'