RIVERSDAL NUUS - 'n Hawelose man wat nes geskop het op die hoek van Heidelbergweg en Kerkstraat vlak by die Riversdal-apteek, is besig om 'n steen des aanstoots vir sommige inwoners te word.
Volgens 'n bekommerde inwoner parkeer die man homself reeds vroegmiddag voor die apteek met 'n bottel drank.
Voorts sê die bekommerde inwoner sy doen en late in die openbaar is glad nie 'n mooi advertensie vir Riversdal se sakekern nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'