HESSEQUA NUUS - Het jy die afgelope tyd ‘n mooi natuurfoto, dalk ‘n uitsonderlike foto van landmerke in die Hessequa-streek, ‘n oulike foto of enigiets anders wat eie aan die streek is, geneem?
Foto’s moet verkieslik met ‘n goeie kamera geneem wees en ook net van iets uit die dorpe in die streek: Riversdal, Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein, Albertinia, Gouritsmond, Heidelberg, Witsand en Slangrivier.
Foto’s van sonsondergange of -opkoms, niksseggende foto’s, asook van kinders sal nie gebruik kan word nie.
Ons beoog om van die foto’s in ons Staycation en/of Holiday Guide te gebruik en die fotograaf se naam sal daarby gevoeg word. Stuur dit na wilma@groupeditors.co.za voor of op 12 September.
Onthou om jou naam, van, kontaknommer, asook waar die foto geneem is en wat dit is te vermeld.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'