Update
ALBERTINIA NUUS - 'n 55-jarige man is Dinsdag 3 Desember noodlottig beseer toe hy op die N2 tussen Albertinia en Resiesbaan deur 'n vragmotor raakgery is.
Die man, wie se naam nie genoem kan word nie, het op Albertinia gewoon.
Hy was klaarblyklik te fiets op pad na Jireh Foods se verpakkingsaanleg by Resiesbaan toe hy omstreeks 07:30 by Soutpan raakgery is.
Volgens Zane Smith, bestuurder van Jireh Foods, het hy onlangs daar begin werk.
Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
Lees 'n vorige artikel hier: Fietsryer op N2 raakgery
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'