Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Bejaardes van die Droom-versorgingsentrum op Riversdal is op Vrydag 20 September met ’n gesellige Erfenisdagviering bederf.
Die bejaardes van Ou Meule en Jan Lange is deur DA-raadslede op heerlike eetgoed en boeretroos trakteer.
Hulle het ook geesdriftig aan ’n prettige sang- en vasvraspeletjie onder leiding van rdl. Annemarie Joubert deelgeneem.
Aan die einde van die verrigtinge het diegene met die mooiste en prettigste hooftooisel ’n geskenkie ontvang.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'