Update
HEIDELBERG NUUS - Lefebré Uys, inwoner van Huis Zenobia du Toit se ouma, het haar dogter Emily Hobhouse gedoop.
Hulle het dit gedoen op 'n vriendelike versoek van die oorspronklike Emily Hobhouse met haar terugkeer na Engeland na 'n besoek aan Suid-Afrika net na die oorlog.
Hobhouse het in die oorlogsjaar (1900) die land besoek en gesien hoe wreed die Engelse die vrouens en kinders in die konsentrasiekampe behandel. Sy het na Engeland teruggekeer en het die Engelse parlement oor die situasie toegespreek. Sy het vir menslike behandeling van die vroue in die konsentrasiekampe gepleit. 'n Groep vroue, Guild of Loyal Women Is toe deur die Engelse parlement na Suid-Afrika gestuur op 'n feitebesoek, om terselfdertyd ook die swart mense in die konsentrasiekampe te besoek. Deur haar toedoen is derduisende vroue en kinders se lewens heel moontlik gespaar.
Hoe die naam Emily Hobhouse in die familie gekom het, is baie interessant. Met haar terugkeer na Suid-Afrika in 1905 het Hobhouse 'n dag op die plaas, Vogelgesang van Jurie en Annie Schoeman naby De Rust deurgebring. Annie was toe swanger. Hobhouse het na haar vertrek per brief gevra of die Schoemans haar die eer sou aandoen om die baba, indien dit 'n meisie sou wees, na haar te vernoem. Hulle het so gemaak en vandag loop die naam sterk in die familie.
Die baba was Lefebré Uys se ma! Uys se oudste dogter, wat twee jaar gelede oorlede is, was ook Emily Hobhouse, terwyl haar een suster met vyf seuns, een van die seuns Emile Hobhouse laat doop het.
Die oorlede dogter se middelste seun boer in die Malmesbury-distrik en hy het ook 'n Emily Hobhouse in sy gesin. Sy oudste broer boer in die Heidelberg-distrik en sy babadogter het Maandag 14 Oktober in die familietradisie gevolg toe Emily Hobhouse Stoffberg in die Heidelbergse NG Kerk gedoop is.
Lefebré Uys se ma, links voor, help om Emily Hobhouse se oorskot na die vrouemonument in Bloemfontein te dra. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'