Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - 'n Man met dagga en kontant in sy besit is Woensdag 26 Junie deur twee polisiebeamptes op patrollie in Kwanokuthula, Riversdal vasgetrek.
Die 27-jarige man het die bosse ingehardloop toe hy die polisievoertuig gewaar.
Sers. Piet Geswindt het sowat 1,5 km agter hom aangehardloop voor hy hom met 'n duikslag neergetrek het sodat hy en kapt. Yolandi Januarie hom in hegtenis kon neem.
Saam met die dagga, kontant en 'n klomp klein platieksakkies was daar twee half-ontdooide vissies in die rugsak. Die doel van die visreuk is glo om die polisie se daggasnuffelhonde op 'n dwaalspoor te bring.
Die verdagte het vandag (Donderdag 27 Junie) op aanklag van dwelmhandel in die landdroshof verskyn.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'