HESSEQUA NUUS - Boere in Hessequa, soos in die res van die Wes-Kaap en elders in die land, is steeds in die wurggreep van die droogte, wat daartoe gelei het dat veegetalle met tot die helfte verminder is.
Boonop het die uitbreking van bek-en-klouseer in die noordelike provinsies vroeër vanjaar daartoe gelei dat China ’n verbod op die invoere van enige diereprodukte geplaas het.
Die verbod op die uitvoer van wol is gelig, maar dis steeds onderhewig aan streng voorwaardes met betrekking tot die kwarantynperiode waartydens wol teen ’n sekere temperatuur voor uitvoer gestoor moet word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'