RIVERSDAL NUUS - Betsie van Noordwyk, ’n boervrou van Riversdal, sê sy is gereed om tydens die inperkingsperiode tuis te bly.
Sy het genoeg kos in haar vrieskas en dis nie nodig om winkel toe te gaan nie. As haar seeppoeier opraak, maak sy ’n plan.
Al wat lol is hoe om die kinders van 10 en 11 by hul skoolwerk uit te bring – dis vir hulle baie lekkerder om die diere op die plaas kos te gee.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'