RIVERSDAL NUUS - Adjudant-offisier Hans Busch, waarnemende polisiekommunikasiebeampte van Riversdal-polisie sê dat mense diewe behoorlik uitnooi om hul eiendom of besittings te steel.
“Moenie jou huis verlaat sonder om die deure te sluit en die vensters toe te maak, veral as daar nie diefwering voor is nie. 'n Selfoon of ander waardevolle items wat op jou motor se sitplek lê, kan baie aanloklik vir 'n dief wees,” waarsku hy.
Diefstal wat voorkom kon word, veroorsaak 'n groot aantal onnodige sake wat deur die polisie ondersoek moet word en veroorsaak dat ernstiger sake agterweë bly of verwaarloos word.
Die polisie kry deesdae ook heelwat klagtes van inwoners oor herstelwerk aan selfone en ander herstelwerk waarmee hulle nie tevrede is nie. “Dit is 'n siviele aangeleentheid en kan hulle nie 'n saak by die polisiestasie hieroor maak nie.”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'