ALBERTINIA NUUS - Sannie en Tok du Plessis, wat op 5 September 1959 in die huwelik getree het, sou nooit kon raai dat hul dogter én kleindogter in dieselfde trourok as hul ma en ouma sou trou nie.
Die trourok het beslis die toets van tyd weerstaan - en boonop modieus genoeg gebly sodat selfs die kleindogter nie haar neus daarvoor opgetrek het nie.
Volgens Sannie het hulle self besluit om die tradisie voort te sit - en wie weet, dalk gaan 'n agterkleinkind en selfs agter-agterkleinkind dié pragtige rok na die kansel dra!
Samp en Annelie Marais, hul dogter, op 14 April 1984 in dieselfde trourok.
Marius en Elizna Cronjé, hul kleindogter op hul troudag, 6 Oktober 2018.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'