HEIDELBERG NUUS - Die kleuters van Neskuikentjie-kleuterskool het Vrydag 14 Oktober 'n verrassingsbesoek van Hessequa-beskermingsdienste ontvang.
Die doel daarvan was om die kleuters, hul opvoeders en van die ouers wat teenwoordig was oor verskeie veiligheidsaspekte in te lig.
Die verskyning van Daantjie Kat het veral die kleuters gaande gehad.
Die kleuters is ook aan die militêre passies van die beskermingsdienstepersoneel blootgestel.
Hulle was duidelik baie beïndruk met die drilvertoning, maar 'n paar kleuters het vreesbevange aan hul ouers en opvoeders vasgeklou toe Daantjie Kat sy verskyning maak.
Die meeste was darem braaf en bereid om met hom kennis te maak en blad te skud.
Lees 'n vorige berig: Daantjie Kat besoek Kleuterskool
Lede van Hessequa-beskermingsdienste staan op aandag voor hul drilvertoning.
Daantjie Kat staan by kollegas, opvoeders, ouers en kleuters van Neskuikentjie-kleuterskool. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'