Update Video
STILBAAI NUUS - Die Klipfontein brand (buite Stilbaai) is vanoggend om ongeveer 09:00 deur Hessequa-brandweer onder beheer verklaar.
“Hoewel dit onder beheer is, word dit nog nie as veilig beskou nie,” sê Susan Geldenhuys, munisipale woordvoerder.
Hessequa-brandweer, Eden-distriksmunisipaliteit brandweer en Working on Fire is nog op die toneel en gaan die omgewing na vir enige opvlammings.
Geen lugondersteuning was vandag ingeroep nie.
Kyk na 2 videos (wat gister geneem is) hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'