HESSEQUA NUUS - Die immergewilde Erfenisfeespretdraf oor 16 en 5 kilometer is vanjaar op Saterdag 24 September vir die sesde agtereenvolgende keer aangebied.
Baie mense, soos die Tortoise to Hare-dames neem as 'n groep deel en ook heelwat gesinne.
Deelnemers het vroegoggend by die getypoel in Jongensfontein weggespring.
Leon Adams van Riversdal het vir die derde agtereenvolgende jaar met die louere weggestap in 'n tyd van 01:13:00.
Die vroue wedloop is gewen deur Marilize Cilliers van Swellendam in 'n tyd van 01:33:49.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'