Update
HESSEQUA NUUS - Die topvyf resepte vir Suid-Kaap Forum se beste braaibroodjiekompetisie sal in volgende week se uitgawe bekendgemaak word.
Die vyf persone sal by 'n proegeleentheid by Legends in Riversdal op 3 September beoordeel word.
Die persone moet hul braaibroodjie op eie koste voorberei. Hout word deur Legends, Riversdal voorsien.
Die verrigtinge sal reeds 09:00 begin.
Pryse
'n Geskenkbewys van Riversdal SuperSpar, 'n geskenkbewys van De Doornkraal Historic Country House wat 'n ete vir een persoon en wynproe vir twee persone insluit, asook 'n Jakkalsvlei-geskenkpak met 'n verskeidenheid van hul wyne.
Beoordelaars
- Ben Potgieter, bestuurder van Legends
- Marlene Fladermuas, spysenier
- Eleane Burger van De Doornkraal Historic Country House.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'