HESSEQUA NUUS - Die inskrywings vir Suid-Kaap Forum se braaibroodjiekompetisie stroom in en die tyd raak min vir diegene wat nog die kans wil staan om as die streek se braaibroodjiemeester aangewys te word.
Al wat jy moet doen, is om jou wen braaibroodjieresep vir ons te stuur voor middernag op Vrydag 12 Augustus. Jou naam, van, kontaknommer en in watter dorp jy woon, moet die resep vergesel.
Heelwat pryse is op die spel en sal volgende week bekendgemaak word.
Die topvyf resepte sal by 'n proegeleentheid by Legends in Riversdal op 3 September beoordeel word. Die persone sal hul braaibroodjie op eie koste moet voorberei. Hout word deur Legends, Riversdal voorsien.
Die verrigtinge sal reeds 09:00 begin.
Beoordelaars
- Ben Potgieter, bestuurder van Legends
- Marlene Fladermuas, spysenier
- Eleane Burger van De Doornkraal Historic Country House
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'