HESSEQUA NUUS - Vir die derde agtereenvolgende jaar wapper die blouvlag weer op Lappiesbaai en al die ander Hessequa-strande.
Hessequa-munisipaliteit is die enigste munisipaliteit in Suid-Afrika waar al sy strande blouvlagstatus het, 'n uitsonderlike prestasie.
Blouvlae wapper reeds vanaf 10 Desember vanjaar op Gouritsmond-, Preekstoel-, Lappiesbaai-, Stilbaai-Wes-, Jongensfontein- en Witsand-strande.
Die onderburgemeester, Tinus van den Berg het op Dinsdag, 7 Desember die blouvlag op Lappiesbaai in Stilbaai gehys, onder die wakende oog van 'n paar lewensredders en ook amptenare van die munisipaliteit.
Vir 'n strand om blouvlagstatus te verwerf word hy aan 74 punte in vier kategorieë gemeet, naamlik ablusiegeriewe, sekuriteit beide van lewensredders en sekuriteitspersoneel, omgewingsopvoeding en laastens word die water elke twee weke deur 'n onafhanklike maatskappy getoets.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'