HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het Donderdag 14 September afskeid geneem van joernalis Elize Blom, wat haar vlerke gesprei en in heeltemal 'n ander rigting haar werksloopbaan gaan voortsit.
Elize het voorheen by Northern Press in Polokwane gewerk, maar na haar egskeiding in 2001 verhuis sy na Oudtshoorn, haar geboortedorp met twee klein kinders, Lizmar en Janke.
Sy help 'n ruk uit as kantoorbestuurder by Die Neelsie Advertensieblad.
In 2003 begin sy by die Oudtshoorn Courant en met haar geel Volla word sy gou 'n bekende gesig in die dorp.
Elize word gedurende April 2009 na Suid-Kaap Forum oorgeplaas en nou, na al die jare het sy besluit om te bedank en verhuis na Durbanville.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'