MELKHOUTFONTEIN NUUS - Beveiliging van die wandelpad op Melkhoutfontein wat deur baie skoolkinders op pad na en van die skool gebruik word, is ‘n stappie nader aan werklikheid.
Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum en die plaaslike buurtwagte het met ‘n onlangse projek genoeg geld vir die aankoop van ‘n veiligheidskamera ingesamel.
Volgens Elize Claassens van die plaaslike polisie is die geld egter nie genoeg vir installasie ook nie en enigiemand wat nog kan bydra, kan Archie van Dyke van Stilbaai Sekuriteitsnetwerk by 082 416 7279 kontak.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'