ALBERTINIA NUUS - ’n Bestuurslisensie en toetssentrum sal amptelik op Donderdag, 1 Maart in Hoofstraat 60 open.
'n Behoefte aan 'n toetssentrum is deur Hessequ-munisipaliteit geïdentifiseer en is 'n aansoek ingedien by die provinsiale asook die nasionale departement van vervoer en openbare werke.
Hulle aansoek is in November verlede jaar goedgekeur deur die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke en is die registrasiesertifikaat uitgereik.
Die sentrum sal die volgende dienste aan die publiek lewer:
- Hernuwing van bestuurslisensie
- Hernuwing van professionele bestuurpermitte (PDP)
- Aflê van leerlinglisensie
- Uitreiking van duplikaat bestuurslisensies
- Uitrekking van duplikaat leerlinglisensies
Die volgende dienste sal slegs op Maandae beskikbaar wees:
- Skryf van leerlinglisensies vanaf 08:00 tot 10:00
- Hernuwings van bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte vanaf 10:00 to 13:00 en 13:30 tot 15:00
Indien daar enige onduidelikheid is kontak die munisipaliteit se beskermingsdienste by 028 713 7817.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'