RIVERSDAL NUUS - Soos hulle naam sê, Small Dreams Big Achievements het dié dagsorgsentrum reeds groot doelwitte bereik.
Dit is 'n nie winsgewende organisasie wat na leerders met spesiale behoeftes omsien.
Hulle het reeds hul eerste bestaansjaar gevier en soos ouers meer van hulle bewus word, skryf ouers hul kinders by Small Dreams in. Tammy Kleynhans, eienaar het almal wat tot dusver by die sentrum se groei betrokke was na 'n donateursaand genooi.
Die doel van die aand was om almal betrokke ook besighede en die beheerliggaam vir hul betrokkenheid en hulp te bedank. Kleynhans het vertel wat hul reeds bereik het en wat die toekomsplanne vir die sentrum is.
Besoek www.suidkaapforum.com vir hul wenslys en bankbesonderhede indien jy kan help om 'n verskil te maak.
Die skool se wenslys
- Finansiële bydrae (eenmalig)
- Borg ’n kind (maandeliks)
- Konstruksie:
- Vervang een klein toilet met ’n groter vir ouer leerders
- Opgradering van speelgebied
- Tablets vir leerders
- Springkasteel of trampoline met veiligheidsnet
- Yskas
- Wasmasjien
- Waslappies
- Ekstra klere: broeke, onderbroeke, panties ens.
- Enige kombuistoerusting en gereedskap soos klitsers, potte, maatbekers ens.
- Eetgerei vir leerders verkieslik plastiek
- Naaldwerk toerusting
- Banke vir ouer leerders
- Sand vir sandput
Small Dreams Big Achievements
Small Dreams Special Needs Educational Daycare Centre NPO registrasie: 199-091 NPO
Adres: Nico Joubert Perseel
Oosthuizenstraat 15
Riversdal
Donateurs, beheerliggaam en personeel het heerlik saamgekuier en mekaar beter leer ken.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'