HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het ’n beplande kragonderbreking vir Albertinia, Riversdal en Stilbaai aangekondig.
Die toevoer sal vanaf 22:00 op Woensdag 29 Januarie tot 04:00 op Donderdag 30 Januarie afgeskakel word.
Herstelwerk sal in die tyd op die Albertinia/Tolange-lyn gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'