HESSQUA NUUS - Met die gereelde daaglikse kragonderbrekings wat Suid-Afrikaners teister, word die polisie, wat reeds hul hande vol het om reg en orde te handhaaf, se taak verder bemoeilik.
In Riversdal veroorsaak beurtkrag erge probleme met die network by die plaaslike polisiestasie en sukkel mense om in te bel, veral op die gewone landlynnommers.
Sers. Christiaan Jansen, polisiewoordvoerder, doen 'n beroep op inwoners om liefs hul selfoonnommer, wat ook direk met die aanklagkantoor gekoppel is, te gebruik.
Bel dus dié selfoonnommer: 082 379 3885
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’