Gemeentelede, familie en vriende vanoor die Suid-Kaap sowel as Kaapstad het in hul honderde opgedaag om hul laaste eer aan dié pastoorsvrou te betoon. Verskeie huldeblyke is aan haar opgedra. Past. Henry Matthysen, voormalige moderator, het die boodskap uit Johannes 14:1 en 2 gebring.
Suster Meintjies, soos sy bekendgestaan het, was vir meer as 30 jaar saam met haar eggenoot aan die voorpunt van hul kerk waar sy ook die moedersleier was. Hulle was vir byna 52 jaar getroud. Sy laat ook ses seuns, twee dogters en 19 kleinkinders agter.

Pastoor Jan February (heel regs) met sy seuns by die kis. Foto's: Clive Pretorius.