HEIDELBERG NUUS - Dié dorp is weer eens diep geruk met die tragiese heengaan van 'n bekende plaaslike inwoner.
Die oorledene, Johanna "Sus" Bartlett (61) het Maandag 4 Maart ongeveer 23:30 gesterf toe toe sy in haar tweeslaapkamer houthuis (Wendy) deur vlamme verswelg is.
Sy het alleen die huis bewoon sedert haar eggenoot, Nick Bartlett haar 'n paar jaar gelede ontval het.
Sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, sê daar is nog nie vasgestel wat die oorsaak van die brand was nie. Die ondersoek duur voort.
Nicole Greeff, haar enigste dogter, sê hulle as familie weet nog nie wat die eintlike oorsaak van die brand was nie. Sy het genoem dat daar 'n privaat verassing sal wees.
Benewens Greeff laat Bartlett ook nog een kleinkind agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’