STILBAAI NUUS - ‘n 88-Jarige inwoner van Stilbaai se middagslapie is verlede week ru onderbreek, toe ‘n onbekende aanvaller hom van agter oor die kop geslaan het.
Oud-dominee Piet Hugo was Woensdagmiddag 27 Februarie alleen in sy huis in Deiningstraat. Hy het die huis se alarms aangeskakel en gaan lê om ‘n uiltjie te knip.
Die volgende waarvan hy bewus was, was die gevoel van bloed wat in sy nek afloop.
Hy het sy alarm se paniekknoppie gedruk, waarop die inbreker op die vlug geslaan het.
Die polisie en die NSRI was baie vinnig op die toneel en het sy kopwond daar behandel voor hy na ‘n plaaslike spreekkamer geneem is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'