STILBAAI NUUS - ’n Gemeenskapsprojek vir die vestiging van ’n ambulans- en mediese reddingsdiens op Stilbaai wat deur die Carewell-privaathospitaal geïnisieer is, is goed op dreef.
Tydens ’n inligtingsgeleentheid op Saterdag 7 September het George Jansen die Sozo Medical Rescue-diens bekendgestel.
Die plaaslike Lions-klub het terselfdertyd hul fondsinsamelingsveldtog vir die bou van fasiliteite en woonkwartiere vir die personeel afgeskop.
Gaste luister aandagtig na inligting oor die beoogde ambulansdiens met George en Shaheeda Jansen van Sozo Medical Rescue regs voor by die tafel. Foto: Deona Aucamp
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.